Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Patricia Schonstein

@ Sunday Times Books LIVE

An extract from Horison

Skyline is a novel that ‘gives voice’ to the many people who have no voice – former conscipts of the war in Angola; refugees from wars and poverty in Africa; victims of xenophobia; Bergies and the marginalized poor of Cape Town.

The novel uses a number of devices to allow these ‘voiceless’ people to express themselves.

One such device is the conclusion of all but one of the chapters with the description of a painting. There are thirty-nine paintings. Each one is a work of Naive Art. They are described as though in a catalogue or at an exhibition. One hears the voice of an exhibition curator (different to that of the teenage narrator of the novel) but, as the book unfolds, one comes to hear the deep expression of the artist who created the collection.

Skyline is an iconic South African novel. Set in Cape Town’s Long Street, it portrays all the troubles and tribulations of an emergent democracy. It tackles the big issues of war, xenophobia and urban life, while holding hope at its core and never letting go of an underlying innocence.

The recently published Afrikaans translation was eloquently rendered by Carié Maas. It is a new voice for the novel’s unflinching look at the emotional carnage caused by war, and its portrayal of the colourful and violent streets of Cape Town.

I’m pleased to present the first chapter and its painting.

Hoofstuk 1

Dit is hoe ons pa die huis verlaat. Hy doen dit sommer net, sonder enige verduideliking. Een Vrydagaand kom hy net nie huis toe nie. Ek besef hy gaan nie weer terugkom nie, want daar’s ’n leegheid in die lug wat nie voorheen daar was nie. Die bakleiery sal nou end kry, en die argumente wat deur die woonstel woed, sal stil raak.

Dit is hoe ons sit: ek op die bank, bewus van die verkeer daar buite, soos altyd. My sussie, Mossie, sit op die vloer. Sy speel poker met twee denkbeeldige vriende. Ons ma sit op ’n hopie oor die foon gebuk. Die wind roer nie en die maan is nie sigbaar in die naghemel nie.

Sy bel al van tienuur af, toe sy besef het hy gaan nie terugkom nie. Eers het sy die Kimberley Hotel gebel, toe die Stag’s Head Bar en Club Georgia. Sy’t gehoop hy hang iewers dronk aan ’n kroegtoonbank. Nou bel sy hospitale en polisiekantore ingeval hy in ’n ongeluk was.

Ek wonder hoekom sy die moeite doen. Hulle is nie vriende nie en alles tussen hulle is stukkend en lelik. Daar is geen teerheid nie.

Ek trek die patrone op die armleuning van die bank met my vinger na: Voël. Tak. Druiwe. Verstrengelde blare. Die materiaal is dun geskaaf en ek pluk aan ’n rafel. Uiteindelik raak ek geïrriteerd en spel dit vir haar uit: Kan Ma nie sien hy’s weg nie? Hy was nie in ’n ongeluk nie. Hy’s nie gehijack nie. Hy het net nie huis toe gekom nie. Hy’t vir Ma gelos. Vir ons. Hy’s weg.

Ek sê dit nie op ’n mooi manier nie. Ek sê dit om haar seer te maak, want sy het hom weggejaag. Maar sy luister nie en hou vol met haar belaglike soektog na hom.

Sy steek ’n sigaret aan, al brand daar reeds een in ’n piering. Haar hare staan die wêreld vol. Sy is so ’n wrak, ek kan nie na haar kyk nie. Buite skree die verkeer. Dit skree nie altyd nie. Soms gil dit. Soms vloei dit. Soms klink dit soos ’n vrou wat sing. Vanaand skree die verkeer en vul die woonstel met haas en paniek.

Sy trek aan haar sigaret en hou die rook binne. Die verkeer huil nou en die hartseer spoel oor die balkon en by die vensters in en die trane spat alles nat. Die verkeer is die weeklag van ’n madonna, naak en bloeiend.

Ek stap deur en gaan lê op my bed sonder om die lig aan te skakel. Ek kyk hoe die stadsligte oor die plafon beweeg en die donker versplinter. Dis nooit regtig donker in ons kamer nie. Selfs as die lig af is, is daar altyd die gloed van motor- en neon- en straatligte in die kamer. Die stad stroom na binne, spoel oor alles en vlek dit soos verf wat teen ’n muur gegooi word, afloop en ineenvloei.

Mossie kruip tot op my bed. Haar gesig is nat. Hoekom huil jy, Mossie? Daar’s niks om oor te huil nie. Ek droog haar trane af. Sy hou my vas en maak in die dowwe lig haar geluid vir Pappa. Ek sit regop en stamp haar so hard dat sy van die bed afval. Moet nooit weer daardie naam sê nie! Hoor jy my? Hy’s weg! Weg! Ek gil op haar. Ek gryp haar aan die skouers, skud haar en stamp haar weg sodat sy agteroor teen die muur val. Jy sê nooit weer die woord Pappa nie! Hoor jy my? Dis ’n dooie woord!

Al is dit halfdonker sien ek in die gloed van die verkeer en die straatligte sy is hartseer en verward. Ek hou haar vas en sus haar en neurie so ’n bietjie. Die verkeer is ’n swerm voëls wat krys terwyl hulle in die aandlug huis toe vlieg. Moenie huil nie, Mossie. Moenie huil nie.

Sy verstaan nie. Jy weet hoe sy is. Maar ek dwing haar om te verstaan. Pappa is weg en ons sê sy naam nooit weer nie.

 ☼

 Die eerste skildery, met die titel Dit is Kaapstad lyk na Umberto Boccioni se Straatgeluide dring die huis binne.

Vinnige, soms driftige kwashale vang die dinamiek van ’n gejaagde stad vol beweging, verskrikking en verwagting vas.

’n Meisie kyk van ’n woonstelgebou se balkon af na die straat onder haar. Die omringende geboue hel na haar oor en maak haar die fokus van die prent.

Kleur voer ’n orkestrasie van Afrika-stadsgeluide na die middelpunt van die skildery. Hemelblou, plumbagoblou en vlamgeel vleg deur verkeersrefreine op die maat van bokveltromme en kwaitoritmes. ’n Kakofonie van motors en haastige mense vloei ineen in ’n uitbarsting van kleur: grenadella-oranje, plasentarooi, koggelmanderblou en die kleure van Kalahari-sand.

Ons kan ons verbeel dat ons, te midde van die mengelmoes van goudgeel en pers, die sagte gerinkel van koperarmbande hoor.

 

Horison
© 2011 Patricia Schonstein-Pinnock
Uit Engels vertaal deur Carié Maas
ISBN 978-1-874915-17-1
Uitgegee deur African Sun Press
Posbus 16415 Vlaeberg
Kaapstad 8018
afpress@iafrica.com
www.patriciaschonstein.com

 

 

 

 

 

 

 

’n Skitterende boek oor die menslike gees.
Cape Times

’n Epiese verhaal. Die karakters lewe soos brandende kerse in ’n donker begraafplaas.
Expressen Sweden

Wenner: Percy Fitzpatrick-prys 2002
Wenner: Prix du Marais 2005 vir die Franse uitgawe
Tweede prys: Sunday Times Fiction Award 2001
Nominasie op die langlys:  The International Impac Dublin Award 2002
Erenominasie: SACBF 2000
Gekeur: En bok för alla (Swede) 2006

Street Noises Invade the House (La Strada Entra Nella Casa) by Umberto Boccioni (1982-1916) is located in the Sprengel Museum, Hanover, Germany.

 

Please register or log in to comment